Radio Pulpit에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 Radio Pulpit 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
DaQuane Cherry was once the kid who wore a hoodie to hide skin flare-ups in school. Now he’s an artist and advocate helping others feel seen. He reflects on his psoriasis journey, the power of small joys, and why loving yourself first isn’t a cliché—it’s essential. Plus, a deep dive into the history of La Roche-Posay’s legendary spring. See omnystudio.com/listener for privacy information.…
Radio Pulpit에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 Radio Pulpit 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Radio Pulpit에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 Radio Pulpit 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Bekende tuiskok Marinda Engelbrecht oor haar jongste kookboek Maklik met Marinda. Lilian de Jager kuier in die ateljee om meer te vertel oor haar boek The Path Through His Vineyard en Malene Breytenbach gesels oor haar jongste Christelike roman Die boekengel. Met Hart en Siel
Vandag gesels Christine Ferreira met Linda van Heerden oor haar Camino Pelgrimstog waar sy gestap het van Porto tot by San Diego. Ook gesels Chrstine met Ingrid Smit - skilder en eienaar van die Stilbaai Kuns Gallery. Ingrid kom vertel hoe sy die hand van die Here in haar skilderwerk ervaar. En dan vertel Charlene Roux haar aangrypende getuienis oor haar seun Jayden. Met Hart en Siel…
Akteur en musikant Reggie Peace gesels oor sy boek Vredemaker. Lewensafrigter, Amanda de Lange, bespreek die konsep van selfliefde teenoor selfhaat en Prof. Nico Koopman gesels met ons oor die krag van gebed in aksie. Met Hart en Siel
Karlien van Jaarsveld kuier in die ateljee om oor haar boek Riviere in die wildernis te gesels. Retha Ingbleek vertel meer oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge. Met Hart en Siel
Skrywer en afgetrede emeritus-professor aan die Universiteit van Stellenbosch Linda van Heerden leer ons meer oor die Vrug van die Gees. Prof Wentzel Coetzer gesels oor die uitdagings rondom die grootmaak van dogters. Met Hart en Siel
Fotograaf Hanneri de Wet kuier in die ateljee om te gesels oor ‘n uitstalling wat eersdaags plaasvind by Pierneef’s Kraal in Pretoria en deel wenke oor hoe om die meeste van jou kamera te maak. Sanet Deysel vertel meer oor Radio Hartklank en Radio Jikelele, Radiokansel se twee splinternuwe aanlynstasies. Thys Smit gesels oor Anderkant 65 Oor aftrede en daarna. Met Hart en Siel…
Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag. Elize-Marié Müller kuier in die ateljee om onder meer te gesels oor die lewens- en geloofslesse wat ons by die Bybelkarakters soos Lasarus en Petrus en die Israeliete tydens die vlug uit Egipte kan leer tydens uitdagende omstandigehede en moeilike tye. Met Hart en Siel…
Anné Pretorius kuier in die ateljee om oor ‘n spesiale joernaal vir ma’s te gesels. Sielkundige Dr. Johan Ferreira vertel meer oor hoe om konflik in ‘n verhouding te hanteer en Apostel Jantjes gee terugvoer oor ‘n pas afgelope gebedsreis van Kaapstad tot Mussina wat onder sy leiding plaasgevind het. Met Hart en Siel…
Hui-Mari Meyer & Rhonel van Loggerenberg kuier in die ateljee om te gesels oor digitale verslawing en dié dinge wat ons identiteit in Christus van ons roof. Berdine Swart van The Local Edit vertel meer oor dié besonderse aanlyn-platform wat plaaslike handwerk, ontwerp en kuns vier. Met Hart en Siel…
In hierdie aflewering vertel skrywers Riaan Grobler, Jozine Botha, Kristel Loots en Madeleine Louw Blighaut wat meer oor hul jongste Christelike romans wat pas op die rakke verskyn het. Met Hart en Siel
Dr Pieter van Jaarsveld gesels vandag verder oor hoe om jouself gelukkig te dink. Isette Dreyer vertel meer oor die gebruik van granaatpitolie in die gebruik van skoonheidsmiddels Met Hart en Siel
Hettie Grosskopf gesels oor haar pad met kanker en ander gesondheidsuitdagings. Janin Higgo vertel hoe sy vir 41 dae in die hospital beland het na die geboorte van haar dogtertjie. Met Hart en Siel
Skrywer Maretha Maartens gesels oor die Bybelvroue-omnibus Sarah & Hanna wat pas verskyn het. Filmvervaardiger Morné du Toit vertel meer oor die geloofstories in die gewilde KykNet-reeks Lamb Champs Die hart en siel van skaapboerdery. Righardt Kirsten gesels oor Pick Them Up en die werk wat hulle onder mishandelde vroue doen. Met Hart en Siel…
Lizette Murray gesels oor die belangrikheid van stilte in ‘n dawerende wêreld. Elize-Marie Muller vertel hoe ons deur middel van die verhale van 9 Bybelse karakters ons unieke doel in die lewe kan vind. Met Hart en Siel
Sanger en kosskrywer, Willie Strauss, kuier in die ateljee om oor sy jongste kookboek Sinkhuis-resepte te gesels. Skilder, Neil Breebaart, vertel meer oor Art Refined - Kuns met ‘n Koninkryksboodskap. Met Hart en Siel
Pastoor Marielle de Vos gesels oor hoe om God se stem te kan hoor en die krag van ons woorde. Olieverfskilder en plaasvrou van Barkley-Oos, Coba Dohrmehl, deel haar mooi getuienis. Met Hart en Siel
In hierdie aflewering gesels Christine met Michelle Louw oor velsorg-geheime. Susan Coetzer kom kuier in die ateljee om oor haar jongste roman en die vreugdes in die lewe van ‘n gelowige te gesels. Met Hart en Siel
Sonja Smith vertel oor hoe om voor te berei vir jou heengaan en wat om te doen as ‘n geliefde onverwags tot sterwe kom. Armandina Adams gee raad en wenke vir vroue oor hoe om na hul emosionele welstand om te sien. Met Hart en Siel
Christine gesels met Isabella Niehaus oor Skepselkos, haar en Louis Janse van Vuuren se jongste kookboek. Dr. Pieter van Jaarsveld vertel daarna meer oor hoe om jouself gelukkig te dink. Met Hart en Siel
Milanie Vosloo vertel meer oor haar geloofspad rondom haar sake-onderneming wat vanjaar 40 jaar oud is. Prof. Wentzel Coetzer geses met ons oor woede en hoe om dit korrek te bestuur. Kom luister saam! Met Hart en Siel
In hierdie aflewering gesels Heidri Mittendorf, die samesteller van Bybelblokraaie en ander woordspeletjies, oor die lekker van blokraai. Ilse Roux vertel meer van die Bybelse vas en Estelle Rossouw vertel van die Might Woman in God-wegbreeknaweek wat eersdaags in Parys in die Vrystaat plaasvind. Met Hart en Siel…
Is jy breinbehendig en ken jy jou breinprofiel? Trudie en Deon Badenhorst van Neuroworx kuier in die ateljee om hieroor te gesels. Michelle le Roux van Karus Skincare deel haar getuienis en vertel van ‘n ongewone reeks skoonheidsprodukte gemaak van turksvypitolie. Met Hart en Siel
Maak 2025 jou jaar van vreugde. Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee om oor geestelike groei, vergifnis en vrede te gesels. Luchelle Erasmus vertel van ‘n spesiale vroue-oggend met die tema, Stories van hoop, wat binnekort plaasvind. Met Hart en Siel
Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die Wêreldwaarnemingslys vir 2025 wat pas bekendgestel is. Liezl Zene & Sonja Eloff gesels daarna oor slim aantrek en klerekasbeplanning vir plusgrootte en petite vroue. Met Hart en Siel
Ds. Ronell Bezuidenhout gesels oor Woestynwysheid – antieke riglyne vir toekomsgerigte mense. Zuleka Smit oor deel wenke vir Mamma’s met ‘n kleinding wat vir die eerste keer skool toe gaan. Prof Cas Vos kom gesels oor sy jongste boek oor die Psalms en Sandy Schoeman, wenner van die NB-uitgewers Kinderboekkompetisie vir 2024, vertel meer oor haar skryfwerk vir die jeug. Met Hart en Siel…
Christine Ferreira gesels met Wendy Maartens, Rudi Swanepoel, Melissa Bothma, Tom Smit en Hendrik van Deventer in vandag se Met Hart en Siel Met Hart en Siel
Christine gesels vanoggend met verskeie skrywers oor hul nuwe boeke - lekker vakansie leesstof net vir jou! Helena Hugo: Blomme vir Berdine & Die grootste hiervan is die liefde Elize Parker: Waar die doringbome sing Frenette van Wyk: Stryd vir liefde Louise Viljoen: Toevlug Met Hart en Siel
Entrepeneur en sakevrou, Nini Strydom, gesels haar spyseniering- en dekoronderneming en die pad wat die Here met haar gestap het tot hier. Syskermdruk-kunstenaar, Korien Sander, deel haar geloofsreis van geoktroïeerde rekenmeester tot voltydse kunstenaar. Met Hart en Siel
In hierdie aflewering gesels Hykie Berg oor die geheime van ‘n suksesvolle lewe. Ina Nortjé kom vertel meer oor die Jakaranda Kinderhuis se jaarlikse Liggiefees en Prof Wentzel Coetzer vertel waarom angs die nuwe depressie is. Met Hart en Siel
Die bekende televisie-aanbieder Johnny Davids deel sy hart oor die goue draad van guns en genade wat deur sy lewe loop. Milanie Vosloo gesels oor haar nuwe dagstukboek Kaalvoet Sielsgedagtes. En die bekende televisie-aanbieder Met Hart en Siel
Babagim-afrigter Cozette Laubser gesels oor Breinbeginsels vir pasgebore babas. Zelda la Grange vertel oor haar memoire What Nelson Mandela taught me. Met Hart en Siel
In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en kunsberader Armandina Adams deel wenke oor hoe om jou tiener te help om sy of haar emosies op ‘n gesonde manier te reguleer. Met Hart en Siel…
Pastoor Marielle de Vos en kreatiewe joernaalkunstenaar en entrepreneur, Karin Beukes, kuier in die ateljee en daar word onder meer gesels oor die afgelope Joodse feesdae, asook die skep van ‘n kreatiewe kunsjoernaal en Bybelstudieboek oor die Berge van die Bybel. Adeline Ashkenazi kom vertel meer oor haar buitengewone bediening/onderneming en liefde vir Israel. Met Hart en Siel…
Finansiële adviseur Vanessa Zandberg kuier in die ateljee en word daar gesels oor vroue en hul finansies. Sonja Goldberg vertel meer oor haar jongste dagstukkieboek Kom saam Wysheid vir jou lewensreis. Met Hart en Siel
In hierdie aflewering kuier Apostel Jantjies van Unlocking the Treasures Prayer Network in die ateljee om oor sy bediening te gesels. Lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar Armandina Adams vertel meer oor die werk wat sy doen om genesing in ander se lewens te bewerkstellig. Met Hart en Siel…
In hierdie aflewering gesels Dr Braam Hanekom oor hoe om uit die hok van armoede te ontsnap. En Trudie Badenhorst kuier in die ateljee om te sê Hoop? Vir seker! Met Hart en Siel
Christine gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe boek "Lekkergoed vir die lewe". Daarna gesels sy met Irma Raspel oor haar boek "Die mak maniere van wilde diere". En dan gesels Christine met Jan Braai oor sy nuwe boek "Atmosvuur" Met Hart en Siel
Christine Ferreira gesels vanoggend met Helena Van Der Westhuizen oor die gebruik van natuurlike bestandele in skoonheidsmiddele. Daarna is Magriet Groenewald aan die woord oor ken jou waarde as vrou. Louise Holts gesels oor hoe om jou lugbraaier te benut en dan sluit die program af met Peet Bekker en Melanie Vosloo se insette Met Hart en Siel…
Christine gesels vanoggend met Este Geldenhuys oor haar nuwe boek "God knows you" en Faith Durie gaan deel oor die impak van jou storie op jou geloofs-lewe. Peet en Melanie Bekker deel ook hul stories en oordenking. Met Hart en Siel
Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor emosionele genesing. Marlien Cronje vertel meer oor ‘n groep vroue wat Kilimanjaro later vanjaar gaan aandurf ter wille van kinders wat swaarkry en Esti Stewart gesels oor die Baviaans Camino en wat dié staptog aan jou siel sal doen. Met Hart en Siel…
Joernaalkunstenaar, Anel Stricker-Bessinger, gesels oor kreatiewe rus en kosskrywer, Vickie de Beer, vertel meer oor 'n nuwe leefstylgids vir diabete. Met Hart en Siel
플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.