RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Join us each week as celebrity guests pitch an idea for a film based on one of the SUPER niche sub-genres on Netflix. From ‘Steamy Crime Movies from the 1970s’ to ‘Australian Dysfunctional Family Comedies Starring A Strong Female Lead’, our celebrity guests will pitch their wacky plot, their dream cast, the marketing stunts, and everything in between. By the end of every episode, Jimmy Carr, Comedian by night / “Netflix Executive” by day, will decide whether the pitch is greenlit or condemned to development hell! New episodes on Wednesdays starting May 28th! Listen on all podcast platforms and watch on the Netflix is a Joke YouTube Channel . The Big Pitch is a co-production by Netflix and BBC Studios Audio.…
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, bespreek Afrikaanse en plaaslike Engelse fiksie. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Dylan Thomasprys, ‘n onlangse toekenning aan Margaret Atwood, en die aangrypende ware verhaal uit die pen van die TV-ster Kelsey Grammer. Johan stel ons ook voor aan Mia Couto, die Mosambiekse skrywer wat onlangs deur PEN Amerika vereer is met die Nabokov-prys vir sy lewensbydrae tot internasionale letterkunde. Jy kan ook uitvind wie is op die kortlyste van die UJ-prys en UJ-debuutprys. Ilse Salzwedel vertel meer oor die nuwe Breyten Breytenbach-poësieprys.…
Luister na ‘n heruitsending van ‘n onderhoud met Eunice Visser oor haar boek, DIE KAAPSE SLAWE, wat onlangs weer bekroon is. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, deel ‘n lys van interessante nie-fiksie aanbevelings. Johan Myburg het nuus oor twee internasionale romans, THE EMPEROR OF GLADNESS deur Ocean Vuong, en JAMES, deur Percival Everett.…
Ilse Salzwedel gesels met Hennie van Deventer, oud-koerantman en skrywer van meer as 20 nie-fiksie boeke, en Elizabeth Wasserman, die skepper van die fantastiese Mevrou Smit, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het vier bydraes uit die internasionale boekewêreld. Hy kyk terug na die onvergeetlike boeke wat presies ‘n eeu gelede in 1925 verskyn het, het nuus oor ‘n nuwe kinderboek oor die gewilde Gruffalo-karakter, vertel meer oor ‘n internasionale skryfkompetisie, en gesels oor die Carol Shields-prys.…
Luister na heruitsendings van onderhoude wat met die pas bekroonde Eben Venter en Gaireyah Fredericks gevoer is oor hulle bekroonde boeke. Eben se DECIMA is met die Hertzogprys bekroon, en Gaireyah se EEN VOET INNIE KAR met die Eugene Maraisprys.
Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ‘n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ‘n radiopersoonlikheid, en die skrywer van DIE AFDRAAND VAN DIE DAG IS KIL, ‘n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse skrywer en Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor VANISHING WORLD, ʼn roman van die Japanse skrywer Sayaka Murata.…
Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.
Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (ROOILETTERKIND en CHAKALAKA UIT ‘n BLIKKIE) albei bekroon is. Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Womens Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die kortlys van die 2025 Dublin-letterkundeprys. Hy het ook ‘n bydrae oor Heart of Darkness, die novelle van die Pools-Engelse skrywer, Joseph Conrad, wat onlangs in Afrikaans vertaal is deur Fransi Phillips. En jy kan ook uitvind wie die wenners is van die baie gesogte 2025 Windham-Campbell-pryse in Brittanje.…
Die program word gewy aan die bekroonde digter, skrywer en vertaler Johann de Lange, wat op 27 Maart 2025 oorlede is. De Lange was bekend as iemand wat die kollig vermy het, maar jy kan luister na ‘n 1994-argiefonderhoud waarin hy met Nic Swanepoel gesels oor sy eerste ses bundels. Daarna volg ‘n opname van ‘n 2021-uitsending van VERS EN KLANK, waarin Richard van der Westhuizen gedigte voorlees uit De Lange se bekroonde bundel DIE MEESTE STERRE IS LANKAL DOOD, en sy bundel DUIMNAELSKETSE.…
Rudie van Rensburg gesels oor die navorsing vir sy jongste roman, LEEUMENS. Sally Andrew praat oor die sukses van haar baie gewilde TANNIE MARIA-reeks. In Johan Myburg se internasionale bydraes bring hy hulde aan die Noorweegse skrywer, Dag Solstad. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die Nero-pryse, die kortlyste vir die eerste klimaatfiksie-prys, en die Dylan Thomas-letterkundeprys.…
Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, dr. Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans. Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ‘n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie. Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg ,Athol Fugard, en jy kan ook luister na ‘n kort argiefonderhoud van ‘n dekade gelede waarin Fugard vir Anita Visser vertel hoe dit voel om op 83 weer in een van sy eie toneelstukke op te tree. Johan vertel ook meer oor die kortlyste vir die 2025 British Book Awards, of Nibbies, soos die pryse ook bekend staan.…
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy baie openhartige outobiografiese boek, LANDUIT. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het. In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook meer uitvind oor CARELESS PEOPLE, ‘n boek waarin ‘n voormalige Facebook-hoëkop vertel presies hoe dinge agter die skerms werk by hierdie sosiale media reus.…
Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, IS JY ORRAAIT, ELIZABETH? wat handel oor die ma van ‘n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, MAGDEL VORSTER. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor THE TWELVE CEASARS, ‘n boek uit die tweede eeu wat handel oor Romeinse keisers en wat tans op Brittanje se topverkoperlys is. Johan kyk ook na die uitgewers wie se boeke die International Bookerprys se langlys domineer, en verduidelik die nuwe titel waaronder die Nederlandse poet laureate - voorheen bekend as die Dichter des Vaderlands – deesdae bekend staan.…
Betsie van Niekerk, skrywer van SO OOK OP DIE AARDE, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan. Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld gesels hy oor vier misdaardromans wat deur The New York Times aanbeveel word, en bring hulde aan die Noord-Ierse digter Michael Longley. Jy kan ook meer uitvind oor die Amerikaans-Nigeriese skrywer van wetenskapfiksie en fantasieromans vir volwassenes en jongmense, Nnedi Okorafor.…
Luister na die digter Rosa Keet en haar suster Ellen Botha in ‘n episode uit die 2005-reeks, INK IN ONS ARE, ‘n reeks oor bekende letterkundige families.
Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld vertel hy meer oor Margaret Atwood se langverwagte memoir, en THEFT, ‘n nuwe roman deur Abdulrazak Gurhah. Johan bring ook hulde aan Tom Robbins, en gesels oor Ian McEwan se jongste roman, WHAT WE KNOW.…
Jeremy Veary is nie net ‘n bekende oud-polisieman nie, maar ook ‘n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (JEREMY VANNIE ELSIES en INTO DARK WATER) en sy jongste boek, ‘n historiese roman getiteld ROOISAND: DIE VERHAAL VAN DIRK ARUSEB EN DIE BONDELSWARTS. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en draaiboekskrywer en aktrise Henrietta Gryffenberg bring hulde aan haar mentor en voormalige kollega. Johan Myburg het nuus oor die jongste verwikkelinge met die Kanadese Giller-letterkundeprys, en gesels oor Anne Tyler se nuwe roman, THREE DAYS IN JUNE. (En hy het ‘n heerlike brokkie inligting oor wyle Jeanne Goosen.) Alma Swart, organiseerder van die Umuzi Lees- en Kosfees wat van 27 Februarie tot 1 Maart in Secunda gehou word, vertel waarna boekliefhebbers tydens die fees kan uitsien.…
Luister na ‘n huldeblyk vir Joha van Dyk (27), die gewilde jeugskrywer wat onverwags oorlede is op 2 Februarie. Jy kan o.a. luister na uittreksels uit ‘n onderhoud wat in 2022 met haar gevoer is. Medeskrywers en haar uitgewer gesels oor Joha as mens, en bespreek ook haar bydrae tot Afrikaans. Elna van der Merwe, organiseerder van die Stilbaai-boekefees wat tussen 21 en 23 Februarie gehou word, vertel waarna besoekers kan uitsien. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld, gesels hy oor die langlys vir die Dublin-letterkundeprys waarop daar vanjaar ook ‘n Suid-Afrikaanse roman verskyn. Vind meer uit oor ‘n nuwe versameling vertaalde werk van Czeslaw Milosz, die Poolse Nobelpryswenner vir letterkunde, en The Bone People, ‘n roman wat veertig jaar gelede onder groot omstredenheid met die Bookerprys bekroon is.…
Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopleesdag, wat op 5 Februarie gevier word. En, daar is nuus oor die Breytenbachsentrum se Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool. Johan Myburg vertel meer oor die Engelse vertaling van die Nobelpryswenner Han Kang se jongste roman, WE DO NOT PART, en Mike Herron, wenner van die Britse Diamond Dagger-toekenning vir misdaadfiksie. Johan gesels ook oor Frank Cottrell-Boyce, Brittanje se Children’s Laureate (amptelike kinder- en jeugskrywer), en sy werk om die belangrikheid van kinders wat lees onder die Britse regering se aandag te bring.…
Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na 'n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse digter Peter Gizzi, wat onlangs met die TS Eliot-prys bekroon is. Hy stel ons ook voor aan Anne Tyler (83) wie se volgende boek later vanjaar verskyn. In ‘n insetsel oor die kategoriewenners van die Nero-pryse, kan jy hoor hoe een van die benoemdes, Colin Barrett, ’n uittreksel voorlees uit sy boeiende roman, HOMESICKNESS.…
Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor 'n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Grensoorlog wat verlede jaar verskyn het. (TROEP deur Bun Booyens, SEUN deur Dana Snyman, en BLOEDBROERS deur Deon Lamprecht). ‘n Boekklub wat 25 jaar gelede ontstaan het, sorg steeds vir hegte vriendskappe, met boeke as die gemene deler.…
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het ‘n lys van nie-fiksie boeke wat sy aanbeveel. Skrywer en Hertzogpryswenner SJ Naude gesels oor ‘n lys uiteenlopende Suid-Afrikaanse boeke wat ‘n impak op sy lewe gehad het. Johan Myburg bespreek ‘n paar internasionale boeke waarna jy kan uitsien in 2025, en vertel van die eer wat die Britse skrywer Alan Hollinghurst te beurt geval het. Daar is ook nuus oor FRAMED, ‘n nie-fiksieboek waarvan die gewilde misdaadromanskrywer John Grisham die mede-skrywer was. Johan bring hulde aan wyle Barbara Taylor Bradford.…
Ervaar die warmte van Kersfees met 'n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op 'n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouetehuis bied ‘n ander blik op Kerstyd. Elize Bosch se ware verhaal, Kerssprokie van ‘n Stadskind, herinner ons aan hoop en liefde, en word voorgelees deur Elsje van Jaarsveld. Chris van Wyk se Snakes en Ladders vir Krismis sorg vir ‘n stukkie nostalgie.…
Ontspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in KORTOM. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis: OP SOEK NA SKADUWEE, voorgelees deur Martelize Kolver; HUIS OP DIE MAAN, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; SKRIF AAN DIE MUUR, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke ‘N LYS VAN TROUMANNE en ‘N VERPLIGTE VAK (uit die bundel Voetstoots).…
KIND VAN DIE KAMMANASSIE is ‘n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook herinneringe aan hulle mentor. Jy kan luister na uittreksels uit vier onderhoude wat tussen 1999 en 2017 met Annelie gevoer is. (Gerda Coetzee oor Trippelsewe); Daniel Hugo en Danie Botha (Raaiselkind); Christelle Webb-Joubert (Sabbatsreis en Trousseaukis) en Magdaleen Kruger (Swart op Wit).…
Ilse Salzwedel praat met P.J.O. Jonker oor sy debuutroman, DIE ONSIGBARE. Nadine Petrick (LAPA) en Helene Coetzee (Pan McMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, INTO THE UNCUT GRASS. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-zi se roman, TAIWAN TRAVELOGUE, wat aangewys is as die wenner van die National Book Awards se prys vir vertaalde boeke. Hy vertel ook meer oor ‘n versamelbundel van Refaat Alareer se prosa en poësie, wat onder die titel, IF I MUST DIE, verskyn het, presies ‘n jaar ná dié Palestynse digter en akademikus se dood in ‘n Israelse lugaanval.…
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is. In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees. In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor. Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.…
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, HAAS EN HARRIET. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ‘n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ‘n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebruik deur kunsmatige intelligensie-webwerwe.…
Breyten Breytenbach was een van die invloedrykste letterkundige figure in Afrikaans. Hy was wêreldberoemd as aktivis, digter, skrywer en skilder. Maar hy was ook iemand se man, pa, seun en broer. ‘n Vriend en mentor vir baie. In hierdie huldeblyk gesels die skrywers Justin Fox, Theo Kemp en Kerneels Breytenbach oor hulle vriend en mentor, en Brenda Breytenbach (sy broer Cloete se weduwee) onthou haar swaer. Anne-Ghret Erasmus-Coetzee, kurator van die Breytenbachsentrum op Wellington en weduwee van die letterkundige Ampie Coetzee, gesels oor hulle jarelange familievriend. Mede-digter Joan Hambidge groet Breyten met ‘n spesiale gedig.…
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor WAT SÊ BETTINA, ‘n bundel met ‘n keur uit haar Litnet-rubrieke. Joernalis AJ Opperman vertel meer oor die bekroonde skrywer, digter, dramaturg en akademikus Marlene van Niekerk. Ilse Salzwedel gesels met Jeretha van der Merwe van die Kleinmond-leeskring. Johan Myburg gesels oor die wenners van die plaaslike Sunday Times-pryse, en stel ons voor aan Samantha Harvey wie se roman, ORBITAL, verlede week met die Bookerprys bekroon is. Kom vind uit wat is romanatasie, en hoekom jonger lesers dit so geniet. Johan vertel ook meer oor die wenners van die Kirkuspryse.…
Luister na ‘n heruitsending van Bettie Kemp se 2004-hoorbeeld oor Anjie Krog en haar ewe bekende ma, Dot Serfontein. In Johan Myburg se internasionale boekenuus stel hy ons voor aan die skrywer Rachel Cusk. Haar roman, PARADE, is pas met die Goldsmiths-prys bekroon. Jy kan ook meer uitvind oor Hanif Kureishi se outobiografiese boek, SHATTERED, wat handel oor ‘n val wat hom verlam gelaat het. Johan vertel ook meer oor GABRIEL’S MOON, ‘n nuwe roman uit die pen van William Boyd.…
Sakejoernalis TJ Strydom gesels oor sy boeke oor drie leiers in die sakewêreld: Christo Wiese (RISIKO EN RYKDOM), Koos Bekker (BEKKER’S BILLIONS) en CAPITEC: STRYD MET DIE GROTES. Skrywer en letterkundige Jeanette Ferreira vertel van die boek wat haar lewenslank sal bybly. AJ Opperman vertel meer oor die digter Bibi Slippers wat onlangs verjaar het. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer hoor oor Melissa Lucashenko, die Bollinger Everyman Wodehouse-prys vir humoristiese boeke (waar skrywers o.a. meeding om ‘n vark na hulself vernoem te kry) en A CITY ON MARS, wat onlangs met die Royal Society Trivedi-wetenskapprys in Brittanje bekroon is.…
‘n Huldigingsprogram oor die lewe en werk van prof. Hans du Plessis - digter, skrywer en akademikus. Hy is op 25 Okt 2024 oorlede. Die eerste gedeelte van die program bevat ‘n dokumentêr (DIE STORIEVERTELLER VAN DIE MOOIRIVIER) wat Ina Strydom in 2018 oor Du Plessis se werk saamgestel het. In die tweede gedeelte bring oud-studente, skrywers, voormalige kollegas, familie en vriende aan hom hulde. Die volgende mense se stemme kan gehoor word: Susan Lombaard van Maroela Media; sy seuns Louis, Hansie en Tjaard du Plessis; skrywers Helene de Kock, Irma Joubert, Sophia Kapp en Jaco Jacobs; proff. Heilna du Plooy en Willie Burger en Awie van Wyk, voormalige dirigent van die PUK-koor.…
AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk. Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub. In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ‘n perskonferensie te hou oor haar bekroning, en ons vind meer uit oor die memoir wat die skrywer Siri Hustvedt tans skryf oor haar skrywerman, wyle Paul Auster. In ‘n lekker nostalgiese terugblik kry luisteraars die kans om die Knysnabos deur die oë van wyle Dalene Matthee te bekyk. Dis nou danksy ‘n 1985-hoorbeeld uit die argief waarin Dalene, haar man Larius, haar destydse uitgewer, dr. Annari van der Merwe, en wyle Nic Swanepoel saam die beroemde woud besoek het. BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Jy kan hoor hoe Dalene Matthee aan die verhaal van FIELA SE KIND gekom het. Haar uitgewer, dr. Annari van der Merwe, wat jy ook in die hoorbeeld gehoor het, gesels met Dalene. En as jy nog altyd wou skryf, luister gerus na Dalene se raad wat sy in 1985 vir studente aan die destydse Potchefstroomse Universiteit gegee het.…
Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van CHRIS VAN WYK: IRASCIBLE GENIUS, ‘n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman OUR EVENINGS. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar droom om ‘n volwaardige biblioteek in die Daantjie-nedersetting buite Mbombela te vestig. Haar harde werk hier en met haar RAISE A READER-platform, het vanjaar aan haar die ATKV se Toekenning vir Leesbevordering besorg. POTGOOI-BONUSINHOUD: Jy kan luister na ‘n volledige onderhoud wat Christelle Webb-Joubert met Chris van Wyk in 2010 met gevoer het. Daarin gesels hulle o.a. oor sy kinderboeke, en oor sy outobiografiese boek, EGGS TO LAY, CHICKENS TO HATCH. (Dis in Afrikaans vertaal as ‘N HOENDER WAT ‘N EIER NIE KAN LÊ.)…
Martin Steyn gesels oor sy nuwe roman, DONKER WATER, wat handel oor polisieduikers en hulle belangrike werk. Jonathan Amid gesels oor twee romans deur Barbara Boswell en Siphiwe Gloria Ndlovu. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor Shehan Karunatilaka, ‘n Bookerpryswenner van Sri Lanka wat einde Oktober deelneem aan die BookBedonnerd-fees op Richmond in die Karoo. Johan deel ook die kortlyste van twee Britse pryse, die T.S. Elliotprys en die Goldsmithsprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die KykNET/Rapportboekpryse en die ATKV-Woordveertjies.…
Die wenners van die jaarlikse AVBOB-poësiekompetisie is onlangs aangekondig. Salvia Ockhuis, wenner van die Afrikaanse afdeling, gesels oor haar pad met woorde. Adriaan Bester, hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede by AVBOB, vertel meer oor die brûe wat hierdie groep met woorde en boeke bou. AJ Opperman gesels oor die digter DJ Opperman. Johan Myburg deel in sy internasionale insetsels nuus oor die skrywers Amitav Ghosh, Arundathi Roy en Gerald Durrell. POTGOOI-BONUSINHOUD: DJ Opperman-dokumentêr uit 1974. (Vervaardig deur Morkel van Tonder ter viering van DJ Opperman se 60e verjaarsdag)…
Prof. Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok. AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ‘N LEWE IN GEDIGTE. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerkortlys, André Dao se pas bekroonde roman, ANAM, en Nadia Davids, ʼn Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, wat onlangs met die 2024 Caine-prys vir skryfwerk uit Afrika bekroon is. BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Luister na Daniel Hugo se argiefprogram oor die lewe en werk van Olga Kirsch. Hy het Kirsch in 1975 in Israel besoek om dit op te neem.…
Die digter, skrywer, dramaturg en skilder, Breyten Breytenbach, het op 16 September sy 85e verjaarsdag gevier. Ons vier dit deur te luister na die eerste deel van Johan Rademan se bekroonde dokumentêre program ‘N ANDER SKAKERING. (Dit is ter viering van Breyten se 80e verjaarsdag saamgestel.) Prof. Willie Burger gesels met ons oor lesersindrukke en literêre kritiek en die waarde daarvan. Johan Myburg het nuus oor die wenners van die Britse Wainright-prys, die Kanadese Gillerprys en James Matthews, die Suid-Afrikaanse digter, skrywer en joernalis wat verlede week in die ouderdom van 95 jaar oorlede is. BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Luister na die tweede gedeelte van ‘N ANDER SKAKERING, asook ‘n 1995 onderhoud met James Matthews, wat onlangs oorlede is. (Dié onderhoud was die enigste een met hom in die SABC-argiewe. Let wel, dis in Engels en is destyds op SAFM uitgesaai.)…
Dibi Breytenbach gesels oor haar nuwe roman HEKS. Johan Myburg praat oor die langlys vir die Britse Baillie Gifford-prys, en EDENGLASSIE, die wenner van die Queensland-letterkundeprys. Antjie Krog is verlede week vereer met ‘n ere-doktorsgraad, en prof. Willie Burger van die UP vertel hoekom sy departement haar genomineer het.…
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmio; Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice Cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaardt. AJ Opperman vertel van Wilma Stockenström, wat in Augustus 91 jaar oud geword het. In Johan Myburg se insetsels uit die internasionale boekewêreld kan meer uitvind oor vier nuwe oudioboeke, Peggy, ‘n roman geskoei op die lewe van Marguerite Guggenheim, en Salley Rooney se nuwe roman Intermezzo. Jy kan ook uitvind wie vanjaar se ATKV-Woordveertjiefinaliste is. In die bonusdeel van hierdie potgooi kan jy luister na ‘n dokumentêr wat Ina Strydom saamgestel het vir Wilma Stockenström se 85e verjaarsdag.…
Die skrywer, Abraham (Braam) de Vries, is op 23 Augustus 2024oorlede. Prof. Willie Burger praat oor Braam die mens en skrywer. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n 1997-onderhoud wat Daniel Hugo met Braam gevoer het. Die resensent. Jonathan Amid, gesels oor ‘n klompie gunstelingboeke: Rudie van Rensburg se GEBOOIE, Ingrid Winterbach se ONRUS OP STEYNSRUS, Elizabeth Wasserman se DIE NEGE LEWENS VAN MEVROU SMIT en Jaco Strydom se DAKA. Jonathan vertel ook meer oor die boekbekendstellings en ander boeklekkertes wat by die Oude Leeskamer in Stellenbosch aangebied word. BONUSINHOUD: Luister na ‘n 2020-onderhoud waarin Ilse Salzwedel met prof. Willie Burger gesels oor Abraham de Vries se bydrae tot die Sestigers.…
Hoor hoe groot Karel Schoeman se bydrae tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse boekewêreld was, wanneer prof. Willie Burger gesels oor STILTES EN STEMME, ‘n huldigingsbundel oor die werk van Schoeman. Johan Myburg gesels oor ‘n interessante toekomsbiblioteekprojek waarby die skrywer, Tommy Orange, ook nou betrek is, die kortlys van die Dayton Vredesprys en ‘n hernieude belangstelling in liefdesverhale onder lesers wêreldwyd. Ons onthou ook die digter en liriekskrywer, Stephan Bouwer. Hy sou vandeesmaand 76 jaar oud gewees het, maar is in 1999 reeds oorlede.…
Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, gesels oor vier boeke wat sy baie geniet het: GEBOOIE (Rudie van Rensburg), ONRUS OP STEYNSHOOP (Ingrid Winterbach), A SHORT LIFE (Nicky Greenwall) en WEGKRUIPER (Christelle Wessels). AJ Opperman vertel van Annesu de Vos, wat onlangs 60 geword het, en jy kan luister na ‘n kort onderhoud met haar uit 1980. In Johan Myburg se internasionale insetsel vertel hy hoe die herrie rondom ‘n Mej. SA-finalis van Nigeriese afkoms na die boekewêreld uitgekring het, en watter 13 boeke in die deelstaat, Utah, in die VSA verbied is. Hy het ook nuus oor die Turkse skrywer, Elif Shafak, se nuwe roman, THERE ARE RIVERS IN THE SKY. Jy kan ook meer uitvind oor die Kaapsehoop Boekefees, en die NG-gemeente Welgemoed in Kaapstad se Koek en Boek-viering.…
Luister na ‘n heruitsending van Ina Stydom se 2018-dokumentêr, ‘N GELEEFDE LEWE, ter viering van John Miles se 86e verjaarsdag. Daar is nuus oor die finaliste vir die 2024 kykNET-Rapport-boekpryse, Booker-langlys en die wenner van Australië se Miles Franklinprys. Johan Myburg bring ook hulde aan die Ierse skrywer, Edna O’Brien, wat verlede week oorlede is.…
Francois Bekker, ‘n resensent, bespreek Dana Snyman se outobiografiese boek, SEUN; Albert Blake se JOPIE FOURIE: ‘N BESINNING; en Riëtte Rust se DIE GESKENK. Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar roman, BESSIE SE HANGKASBIBLIOTEEK. Johan Myburg gesels oor drie nuwe internasionale romans (IN THE BLINK OF AN EYE deur Jo Callaghan, Martin MacInnes se IN ASCENSION en Claire Messud se THIS STRANGE EVENTFUL HISTORY). Suzette Myburg vertel van vanjaar se Woordfeesbundel.…
Tydens die onlangse Vrystaat Kunstefees het die skrywer, Fanie Viljoen, gesels oor sy besonderse vriendskap met die kluisenaarskrywer, Karel Schoeman. In Skrywers en Boeke van 24 Julie 2024 is ‘n gedeelte van die gesprek uitgesaai, maar na versoeke van verskeie luisteraars het Fanie ingestem dat die res van sy gesprek oor Karel Schoeman ook beskikbaar gestel mag word. Hierdie is die volledige gesprek. Die deel wat voorheen nie uitgesaai is nie, begin by ongeveer 21:25 en duur tot 53:30. Met dank aan Fanie Viljoen vir die opname.…
Wie was Karel Schoeman werklik? In ‘n geredigeerde gedeelte van sy aanbieding, AANKOMS, AFSKEID en VERTREK: MY VRIENDSKAP MET KAREL SCHOEMAN, belig die skrywer Fanie Viljoen ‘n ander kant van Schoeman. Johan Myburg vertel meer oor Irvin Welsh se nuwe roman RESOLUTION, en gesels oor Christopher Marlowe, ‘n Engelse digter wat in dieselfde jaar as William Shakespeare gebore is. Johan het ook nuus oor nuwe lekkerleesboeke uit die internasionale boekewêreld. AJ Opperman onthou die skrywer, Chris Barnard, wat op 15 Julie sy 85e verjaarsdag sou gevier het.…
Die skrywer, Audrey Blignaut, is op 6 Julie 1916 gebore. Ons stap terug op haar spore. Jy kan luister na ‘n argiefopname van Bettie Kemp se program, DAAR'S INK IN ONS ARE, oor Blignaut en haar dogter Marie Heese. Die joernalis, AJ Opperman, vertel ook meer oor Audrey en haar groot bydrae tot die Afrikaanse boekwêreld.…
Ilse Salzwedel gesels met Helena Hugo, een van die mense wat al jare lank sorg vir radiodramas en vervolgverhale op RSG. Het jy geweet sy het al 87 boeke geskryf? Ilse gesels ook met Henda Olivier oor haar tweede boek, ONDER WATER, ‘n roman in die huishoudelike noir genre wat lesers behoorlik aan die gons het. Johan Myburg vertel van die jongste verwikkeling in die polemiek oor die Indiese skrywer, Arundhati Roy, wat midde in politieke omstredenheid met ‘n Britse prys bekroon is. Hy gesels ook oor Ismail Kadare, ‘n jarelange aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde, wat verlede week oorlede is.…
Ilse Salzwedel vertel meer oor die kortlys en wenner van die UJ-prys. Johan Myburg, vanjaar se Innibos-feesdigter, lees die gedig voor wat hy in opdrag van die fees geskryf het. Johan het ook ‘n bydrae oor Iris Murdoch, en nuus oor Karin Slaughter se nuwe roman WHY WE LIED, asook haar betrokkenheid by ‘n veldtog om VSA-biblioteke se deure oop te hou. Ons kyk terug in die letterkunde-geskiedenis met behulp van ‘n kort onderhoud met die Sestiger, Ettienne Leroux. Ilse gesels met Nicole Engelbrecht, skrywer van drie boeke oor ware Suid-Afrikaanse misdade - SIZZLERS - The Hate Crime That Tore Sea Point Apart; SAMURAI SWORD MURDER: The Morné Harmse story en KILLER STORIES.…
Corlia Fourie en Annelize van Rooyen gesels oor hulle reisbundel DRAAIE, SWAAIE EN AFDWAALPAAIE waarin 46 skrywers oor hulle eie reise (met kinkels!) skryf. Annemarie van der Walt van die Innibos-kunstefees vertel waarna boekliefhebbers die volgende paar dae kan uitsien. Kerneels Breytenbach gesels oor twee internasionale boeke wat hy kan aanbeveel (KAIROS, die Booker International-wenner, en PARASOL AGAINST THE AXE). Johan Myburg gesels onder andere oor die polemiek wat ontstaan het oor ‘n stelling wat die Indiese skrywer Arundhati Roy veertien jaar gelede gemaak het, die wenner van die eerste Women’s Prize for Non-Fiction, en ‘n nuwe roman uit die pen van die skrywer Rachel Cusk.…
Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Quellerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk se TRIOMF en verskeie van Jeanne Goosen se werke is deur Hettie uitgegee, en sy was instrumenteel in talle bekende skrywers se loopbane. Johan Myburg vertel meer oor DUSKLANDS, J.M. Coetzee se eerste roman wat vanjaar 50 jaar gelede verskyn het. Jy kan ook luister hoe Coetzee ‘n kort stukkie voorlees uit sy 2013-roman THE CHILDHOOD OF JESUS.…
NP Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Ter herdenking hiervan kan jy luister na ‘n argiefopname oor sy lewe en werk. Dis in 2006 saamgestel deur Daniël Hugo, en bevat baie interessante inligting oor die digter. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedkundige en skrywer, Karen Horn, oor haar boek. PRISONERS OF JAN SMUTS - ITALIAN PRISONERS OF WAR IN SOUTH AFRICA IN WWII, wat handel oor Zonderwater se Italiaanse krygsgevangenes. Johan Myburg het nuus oor ‘n handgeskrewe manuskrip van Albert Camus wat onlangs vir R13,4 miljoen op ʼn veiling in Parys verkoop is, en nuwe internasionale boeke wat hy kan aanbeveel.…
Jy het seker al die naam Rumi iewers raakgelees, maar wie was hierdie digter en filosoof wat ook al die Shakespeare van die Midde-Ooste genoem is? Ilse Salzwedel gesels met dr. Dietlof van den Bergh, wat ‘n keur van Rumi se werk in Afrikaans vertaal het. Die joernalis, AJ Opperman, vertel waar sy belangstelling in skrywers en boeke ontstaan het, en gesels oor sy gunstelinge. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Dublin-letterkundeprys, en hy bring hulde aan die skrywer, Shirley Conran, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname uit 1962 waarin die digter, Robert Frost, een van sy eie gedigte voordra.…
Ilse Salzwedel gesels met Karl Kemp oor ‘n fassinerende nie-fiksie boek met die titel WHY WE KILL: MOB JUSTICE AND THE NEW VIGILANTISM IN SOUTH AFRICA. Hierin probeer Kemp, wat ‘n Meestersgraad in Internasionale Reg het, ‘n verklaring vind vir die toename in geweld in Suid-Afrika. Johan Myburg stel ons voor aan Jenny Erpenbeck wie se boek, KAIROS, verlede week met die International Bookerprys bekroon is, en vertel meer oor ‘n nuwe letterkundeprys wat ingestel is om klimaatfiksie te bevorder.…
Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, SING MAMMA SING! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ‘n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die kinderboekskrywer Katherine Rundle wat aangewys is as skrywer van die jaar in die British Book Awards. Jy kan ook meer uitvind oor VV Ganeshananthan en haar boek, BROTHERLESS NIGHT, wat pas met die Carol Shields-prys bekroon is.…
Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ‘n leeslys vir twintigplussers wat deur ‘n Indiese webwerf saamgestel is en die kortlys vir die Ondaatjie-prys, ‘n belangrike internasionale letterkundeprys. Kinderboekskrywer De Wet Hugo praat oor sy skryfwerk en ‘n nuwe boek wat as een van die twee wenners van NB se 2023 Jeugboekpryse aangewys is.…
Ilse Salzwedel gesels met Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE. Die skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, is op 1 Mei oorlede – luister na ‘n onderhoud wat in 2023 met haar gedoen is oor haar skrywersloopbaan en boeke. In sy bydrae gesels Johan Myburg oor ‘n nuwe boek uit die pen van die Johannesburgse skrywer Nic Mohlongo. Hy vertel ook meer oor Isabelle Hammad, wie se roman ENTER GHOST met die Aspen-letterkundeprys bekroon is, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer Paul Auster wat onlangs oorlede is.…
Nathan Trantraal gesels oor sy skryfwerk, en vertel meer oor DIE MAN WAT DIE KINNES VANG, sy jongste grafiese roman wat pas verskyn het. Hy praat ook oor die belangrike plek van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde. Daar is meer inligting oor die Vryeweekblad Boekefees wat van 10 tot 12 Mei in Cullinan plaasvind, en die Afrikaanse skrywers wat vanjaar se Exclusive Books Homebru-lys gehaal het. Johan Myburg verduidelik wat die rede is vir die vlaag van kritiek teen PEN America, en jy kan uitvind wie op die kortlys is van die Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die skrywer, John Barth, wat onlangs in die ouderdom van 93 oorlede is.…
플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.