RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Taxes, Voting, Recycling—oh my! After navigating this jungle of grown-up responsibilities together, we're taking a quick summer breather to recharge our adulting batteries. But before we temporarily hang up our responsible pants, join us for this special episode packed with our favorite kernels of wisdom from the season so far AND get an exclusive preview of the fresh adulting adventures awaiting you when Grown-Up Stuff returns in late summer! Think of this episode as your adulting victory lap—complete with confetti and zero paperwork required! See omnystudio.com/listener for privacy information.…
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.
In Fiks vir die Lewe net na die seweuur nuusflitse, gesels Flip Loots met dr. Gustav Gous oor mense wat worstel met hulle selfbeeld en dikwels dink dat hulle vir niks en niemand goed genoeg is nie.
Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe jy jou humeur kan terugkry nadat jy dit verloor het. Waarom word sommige mense onbeheersd kwaad? Hoe kan ek humeur beteuel?
Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe om op te staan wanneer dit lyk of alles om jou inmekaar tuimel en jou planne nie uitwerk nie. Wat veroorsaak sulke krississe? Watter emosionele uitwerking het terugslae op ’n mens?
Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor egskeiding met sy vernietegende kant, en of dit moontlik is vir twee mense om op ‘n vriendelike manier uitmekaar te gaan. Is egskeiding die enigste opsie?
Anneli van Rooyen sing: “My eerste liefde… Met sy donker hare en sy donker oë het hy my knieë lam getoor…” Ja nee, kyk, wie sal daardie eerste liefde se opwinding kan vergeet? Of gebeur dit tog dat dit vergeet word, dat daar ‘n afsydigheid in ‘n huwelik kom, dat ‘n eens verliefde paartjie uitmekaar dryf? Hoe blaas ek nuwe lewe in so ‘n liefdesverhouding?…
Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe om die skielike afsterwe van ‘n geliefde te verwerk. Hoe lank moet ek rou? Wat maak ek met skuldgevoelens as ek dink ek kon die afsterwe verhoed het?
Daar is mense wat sê dat hulle nie gemaak is vir liefdesverhoudings nie, want niks werk uit nie. Bestaan daar sulke mense? Hoe bou jy aan ‘n gesonde liefdesverhouding?
Mense sê deesdae maklik: “Ek is lewensmoeg en sien vir niks meer kans nie. Ek het nie meer energie vir die lewe nie.” Hoe gemaak om weer energie te kry vir die eise van elke dag?
Ons wil graag iemand glo, maar staan dikwels verleë ons agtergekom dat hulle ‘n leuen vertel of gelewe het. Hoe onderskei ons tussen waarheid en leuen?
Navorsing wys dat babas ongeveer 400 keer per dag lag, terwyl mense ouer as 35 net 15 keer lag. Hoe belangrik is lag en humor om ‘n mens se lewenskwaliteit te verhoog?
Christene bely dat Jesus Christus opgevaar het na die hemel. Tog is daar diegene wat glo dat Hy vandag oral met ons is en ons bystaan in alles. Hoe bring ons dié twee dinge bymekaar?
Paasondag is vir Christene wêreldwyd van baie groot belang, want toe – volgens die Bybelse getuienis – het Jesus uit die dood opgestaan. Het dit regtig gebeur, en watter betekenis het Jesus se opstanding vir die mense van vandag?
Baie mense het ‘n negatiewe uitkyk op die lewe, en sê dat die lewe erg swaar en hard is, dat hulle moeg is daarvoor om min geld te hê, en nie die onsekerheid kan verduur van werkloosheid nie. Hoe kan ‘n mens jou ingesteldheid teenoor die lewe verander – indien enigsins?
Dit is byna met die klap van ‘n vinger dat Covid en die gepaardgaande gesondheidsdomstandighede, asook verlies aan werk en inkomste, ‘n kombers van onsekerheid oor baie mense gegooi het. Hoe hanteer ek dit?
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie bereken dat daar nagenoeg 1 miljard mense wêreldwyd is wat een of ander vorm van gestremdheid het. Die vraag is nou: Hoe beïnvloed Covid-19 persone met gestremdhede? Flip Loots praat hieroor met dr. William Rowland, erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes.…
Kerke is hard getref deur die Corona-pandemie omdat groot byeenkomste verbied word. Heelwat kerke het hulle dienste uitgebrei na stromingsdienste op die internet. Wat gebeur met die kerke wanneer die Coronavirus sy wyk geneem het? Is dit terug na normaal, of sal die kerk moet aanpas?
Dit is verstommend hoe medici met mekaar verskil oor Covid-19, veral wat inenting betref. Daar is sommiges wat vasstaan daarvoor, terwyl ander weer negatief daarteenoor staan. Die vraag kan gevra word: Waarom verskil geneeskundiges soms heftig oor bepaalde siektes en die behandelingsmetodes daarvoor? Flip Loots praat hieroor met dr. El-Marie Rose-Innes.…
Een van die kenmerke van die tyd waarin ons lewe, is die verskil in menings oor die neem van die inenting teen die Corana-virus al dan nie. Naas diegene wat nie kan wag om dit te kry nie, is daar diegene wat heftig daarteen gekant is. Hoe hanteer jy mense se verskillende opinies?
‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar groot nood in gemeenskappe ontstaan het. Hoe kan sulke mense in hierdie tyd gehelp word?…
Dit is nagenoeg een-en-'n-half jaar dat die Coronavirus met ons is. Baie vriende of familie is in die hospitaal of die graf. Genoeg om jou moedeloos te maak. Kan daar iets positief hieruit vloei?
Dit is opvallend hoeveel bekendes in hierdie tyd sterf. Dit laat die vraag ontstaan wat die impak daarvan op die samelewing, hulle familie en vriende is. Wat is die waarde van ‘n lewe?
Al hoe meer mense verloor hulle werk, besighede sluit en depressie en angs neem toe. Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor emosionele moegheid, onsekerheid en depresssie in die pandemietyd.
Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe hanteeer ek dit?
Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat nie weet van iemand of ‘n familielid het wat reeds aan Covid gesterf het nie. So baie dood om jou - hoe hanteer jy dit?…
Wat ‘n opwindende tyd in hulle lewe moes wees ná skool en op universiteit, het vir baie jongmense in ‘n nagmerrie van onsekerheid en frustrasie ontaard vanweë die Covid-pandemie en -regulasies. Die omstandighede waarin die jeug tans moet leef is nie altyd so positief nie. Wat kan ons daaraan doen?
Elke mens ervaar die baie veranderings waarmee hulle te doene kry: van skool na universiteit; van studies na ‘n vaste werk; van ongetroud na getroud; van gesond na siek. En dan moet koersaanpassings gemaak word, soos ook nou tydens die pandemie in baie gevalle gebeur. Sommige koersaanpassings is maklik, ander moeilik en selfs traumaties. Hoe doen ‘n mens dit?…
Iemand sê nou die dag: “Dit voel my in hierdie Corona-tyd of ek soos ‘n kar met dompligte is – ek sien net hier voor my. Ek kan nie meer vooruit dink of beplan nie.” Hoe gemaak wanneer daar skynbaar nie veel stabiele vooruitsigte is vir mense om hulle lewe vooruit te beplan nie? Hoe ver strek die meeste mense se toekomsvisie in hierdie tyd?…
Dit lyk soms of ‘n wolk van swaarmoedigheid oor mense hang as gevolg van die pandemie, werksverliese, geliefdes wat oorlede is, en baie ander redes. Hoe kan ek in hierdie omstandighede gelukkig lewe?
Die noodkreet van baie mense is hartverskeurend: geen inkomste nie, geen geld nie, kan nie die huishuur betaal nie, ek kan nie meer oorleef nie. Waar gaan soek sulke mense hulp en hoe kan hulle steeds positief bly? Watter praktiese raad is daar vir hulle?
In die onseker tyd van Covid-19 verloor baie mense hulle entoesiasme en lus vir die lewe. Sommiges voel of hulle lewe tot stillstand gekom het sonder enige toekomsbeplanning. Hoe kan ek steeds die beste van my lewe maak?
Dinge verander vinnig in die pandemie-tydperk: Plekname verander oornag; Ek is my werk kwyt; Die aantal mense wat kerkdienste en begrafnisse mag bywoon, fluktureer; My bewegings binne of buite die huis word gereguleer; Daar word besluit wat ek wanneer mag koop en wanneer nie. Hoe hanteer ek dit?
Tydens die inperking was mense baie meer in mekaar se geselskap. In die proses het hulle mekaar beter leer ken, of hulle wou of nie. Weet ander regtig wie ek is en hoe om my te hanteer, of bou ek steeds mure om my?
Van die hartseerste kommentaar wat tydens die Covid-19-pandemie gehoor word, is dat mense onverwags afskeid moes neem van ‘n geliefde, dikwels as gevolg van die dood. Daarom moet elke geleentheid saam gekoester word asof dit die laaste keer saam is.
플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.