Player FM - Internet Radio Done Right
37 subscribers
Checked 3d ago
추가했습니다 six 년 전
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Player FM -팟 캐스트 앱
Player FM 앱으로 오프라인으로 전환하세요!
Player FM 앱으로 오프라인으로 전환하세요!
들어볼 가치가 있는 팟캐스트
스폰서 후원
W
We Have The Receipts


1 Battle Camp: Final 5 Episodes with Dana Moon + Interview with the Winner! 1:03:29
1:03:29
나중에 재생
나중에 재생
리스트
좋아요
좋아요1:03:29
Finally, we find out who is unbeatable, unhateable, and unbreakable in the final five episodes of Battle Camp Season One. Host Chris Burns is joined by the multi-talented comedian Dana Moon to relive the cockroach mac & cheese, Trey’s drag debut, and the final wheel spin. The Season One Winner joins Chris to debrief on strategy and dish on game play. Leave us a voice message at www.speakpipe.com/WeHaveTheReceipts Text us at (929) 487-3621 DM Chris @FatCarrieBradshaw on Instagram Follow We Have The Receipts wherever you listen, so you never miss an episode. Listen to more from Netflix Podcasts.…
Sterre en Planete
모두 재생(하지 않음)으로 표시
Manage series 2464510
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
…
continue reading
700 에피소드
모두 재생(하지 않음)으로 표시
Manage series 2464510
RSG에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 RSG 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
…
continue reading
700 에피소드
모든 에피소드
×Lafras Smit het die onlangse Groot Vegkop-sterrepartytjie bygewoon, en vertel wat alles daar gebeur het. Die internasionale Planetary Defence-konferensie is die afgelope week op Stellenbosch gehou. Willie Koorts het daar gepraat met twee van die groot geeste van die ATLAS-projek, wat asteroïedes ontdek wat moontlik die aarde kan tref.…
Ons praat met die skeppers van ’n grensverskuiwende produksie wat boeiende storievertelling oor die ruimte kombineer met meesleurende musiek en visuele elemente. Dan beantwoord Jim Adams en prof. Matie Hoffman ‘n luisteraarsvraag oor die temperatuurbeheer van elektronika in satelliete, sodat dit nie oorverhit of te veel afkoel nie. Ons kyk ook na ‘n spesiale mylpaal wat die Dragonfly-sending na Saturnus se maan, Titan, bereik het.…
Het jy geweet daar is spanning in kosmologie, omdat twee verskillende metodes ’n effens verskillende ouderdom en grootte vir die heelal gee? Nadat Lafras Smit ons ingelig het oor die hoogtepunte van die Mei naghemel, beantwoord prof. Matie Hoffman twee luisteraarsvrae oor die oerknal.
Dr. Yolandi Schoeman is die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger vir die Spaceward Bound India 2025-ekspedisie wat eersdaags vertrek na die hoogste bewoonde plek op aarde, waar hulle navorsing gaan doen oor hoe mense moontlik op Mars sal kan oorleef. Daarna sal hulle terugkeer na Suid-Afrika om hier Mars-analoog terreine te identifiseer en te bestudeer.…
Dr. Stefan Lotz het die ruimteweervoorspelling. Hoekom kan ’n gravitasiekolk lig, wat nie massa het nie, beïnvloed? Ons gee ’n veilige manier om sonvlekke te kan sien, wat jy vir jouself kan maak. Ons hoor meer van ’n onlangse ontdekking van ’n 80 tot 100 jaar siklus van sonvlekaktiwiteit, bo en behalwe die bekende 11-jaar siklus. Ons sluit af met ’n opdatering oor die sogenaamde “gestrande” ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie.…
Ons gesels met die organiseerders van die Groot Vegkop Sterpartytjie wat binnekort in die Noord-Vrystaat plaasvind, waar dit amper net so donker is as in Sutherland. Jim Adams en prof. Matie Hoffman doen nabetragting van die pas afgelope Space Tour 2025.
Nadat Lafras Smit ons vertel het van die hoogtepunte wat die April-nagte vir ons inhou, beantwoord ons ’n opvolgvraag oor wentelbane; ons kyk hoe Saturnus skielik 128 nuwe mane bygekry het; en gesels oor ’n onlangse sonsverduistering, gesien vanaf die maan, deur die Blue Ghost-maantuig.
Ná die gewildheid waarmee ons eerste musiekprogram in Desember 2024 ontvang is, het ons dit goedgedink om weer ’n program bestaande uit musieksnitte met ’n sterrekundige agtergrond saam te stel.
Ons verrassingsgas praat oor sterrekunde-uitreike - allerhande maniere en geleenthede om sterrekunde na die publiek te bring. Van “sypaadjie sterrekunde” tot aande wat mense regoor die wêreld vir die publiek die maan deur hulle teleskope laat kyk.
Stefan Lotz van SANSA op Hermanus bring ons op hoogte van die jongste ruimteweer. Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor ’n onlangse Meerkat-ontdekking, en ’n soortgelyke merkwaardige ontdekking deur radioteleskope in Europa. Die span bespreek ‘n tegniek waar sonseil-satelliete ingespan kan word as vroeë waarskuwing wanneer gevaarlike ruimteweer die aarde mag bedreig.…
Die groot nuus, veral op sosiale media, is Asteroïede 2024 YR4, omdat dit moontlik oor sowat sewe jaar met die aarde kan bots. En, ons het ’n luisteraarsvraag ontvang oor satelliete.
Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel van al die aksie in Maart se naghemel. Ons verduidelik hoekom Saturnus se ringe elke 15 jaar “verdwyn”, soos nou weer, en gesels uitgebreid oor al die interessanthede van Pluto, wat vandeesmaand 95 jaar gelede ontdek is. ’n Luisteraar vra of noord, suid, oos en wes dieselfde werk op aarde, die sonnestelsel asook die Melkweg.…
Johan Smit vertel van sterrekunde-uitreike, en hoe om te werk te gaan om sterrekunde as ’n stokperdjie te ontwikkel. Hy verduidelik ook stap-vir stap hoe om jou eie teleskoopspieël te slyp, en ’n teleskoop daarmee te bou.
Dr. Nic Erasmus verduidelik of daar regtig ’n kans is dat ’n asteroïede die aarde oor sewe jaar kan tref, en hoe dit gebeur het dat Elon Musk se Tesla verwar kon word met ’n asteroïede.
Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor twee onlangse toetslanserings van Blue Origin se massiewe New Glenn-vuurpyl, en SpaceX se 7de Starship, wat albei gemengde sukses gehad het. Ons bespreek ook Launch Abort Systems vir beide bemande en onbemande sendings. Jim vertel hoe ’n vissersboot amper ’n multimiljoen dollar ruimtesending in die wiele gery het.…
Ons hoor by Lafras Smit wat ons in Februarie se naghemel kan sien. Met al die opwinding oor die sogenaamde oplyning van die planete, sowel as ‘n lekker helder blote-oog komeet, kan ons nie anders as om breedvoerig hieroor te gesels nie. Ons kyk ook na die GAIA-satellite se sending wat verlede week tot ‘n einde gekom het. In Ruimteraai vra ons: Lyk die maan anders soos gesien uit Suid-Afrika teenoor vanuit Frankryk?…
Ons verrassingsgas, Edward Foster, is ’n afgetrede lektor in biochemie, ’n kranige amateursterrekundige en is baie betrokke by sterrekundeuitreike na byna enige denkbare sfeer van die samelewing, selfs siggestremde persone. En dan is daar Snorre, die kat, wat oral saamry na SALT, die SKA, en op die tafel sit terwyl sy baas aanbiedings doen vir skoolgroepe! Ons hoor ook van die oorsprong van pragtige name vir volmane, wat perfek van toepassing is op ons in Suid-Afrika, om die niksseggende Amerikaanse name te vervang waarmee sosiale media ons voortdurend bombardeer.…
Hoe werk lig? Skyn ldit in alle rigtings? Is ligspoed konstant, ongeag hoe helder die lig is? Hoe ver trek ’n ligstraal? En dan ’n hoërgraad vraag oor Bell se tweeling-partikels: Hoe gebeur dit dat, wat met die een partikel gebeur, gebeur op dieselfde oomblik met die ander tweeling, al sou hulle op verskillende plekke in die heelal voorkom?…
Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek van die opwindende ruimtesendings wat voorlê in 2025. Ons kyk ook na die belangrike rol wat Suid-Afrika in die verlede gespeel het met lanserings en die Apollosendings.
Ons neem die hoogtepunte van die afgelope jaar in oënskou. Daar was ook heelparty laagtepunte en selfs mislukkings, veral met ruimtesendings, wat ons ook sal herroep. Maar 2025 se naghemel hou ook ’n klompie interessanthede vir ons in waarna ons kan uitsien.
Ons luister na musiek wat spesiaal gekomponeer is vir ruimtesendings, deur iemand wat beskryf word as een van die mees kreatiewe en produktiewe komponiste van die 20ste eeu.
Ons verrassingsgas, Wim Filmalter, dra baie hoede, onder andere dié van astrofotograaf, amateurteleskoopmaker, teleskooprestoureerder, en ’n Dark Sky Advocate - iemand wat bewusmaking doen vir ’n donker naghemel.
Dr. Stefan Lotz en prof. Matie Hoffman beantwoord ’n klompie interessante vrae wat ons gekry van ’n luisteraar oor verskeie uiteenlopende aspekte van die son.
Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur by NASA se hoofkantoor, praat oor nuwe inligting wat daarop dui dat die Aarde baie meer uniek is as wat oorspronklik gedink is. In Ruimteraai vra ons hoe ruimtevaarders hulleself weeg in die ruimte.
Professor Matie Hoffman praat oor ’n vals video wat weer die rondte doen. Daar is luisteraarsvrae oor die kolonialisering van Mars, en hoe ’n windpomp op daardie planeet sal werk. In Ruimteraai vra ons wat 'n skrikkelsekonde is. En Lafras Smit vertel waarna ons kan uitsien in Desember se naghemel.
Ons verrassingsgas, Carol Botha, praat oor Sputnik, ligbesoedeling, dorpe sonder straatligte, sterrepartytjies, en 'n ou tannie uit Suid-Afrika, die wêreld uitgestof het met die gebruik van aanlynteleskope.
Dr. Stefan Lotz van SANSA en prof. Matie Hoffman beantwoord uiteenlopende luisteraarsvrae, wat strek van hoe wetenskaplikes die waarheid ontdek, tot aardverwarming, en of sonuitbarstings ons weerpatrone veroorsaak. ’n Filmmaker beweer hy het nuwe inligting oor ’n radiosein wat vyf jaar gelede ontvang is, afkomstig van moontlike buiteruimtelike lewe.…
Jim Adams en Matie Hoffman bespreek van die vele opwindende ruimtesendings die afgelope tyd. Ons praats uitgebreid oor die Europa Clipper-lansering, SpaceX se ongelooflike toetsvlug van Starship- waar ‘n vuurpyl vir die eerste keer uit die lug gevang is. Ons praat ook oor die geweldige tempo waarmee SpaceX-lanserings doen, en die verskillende maniere hoe terugkerende bemande kapsules op die aarde land.…
Lafras Smit vertel het van al die opwinding in die naghemel die afgelope tyd, en wat ons in November kan verwag. Professor Matie Hoffman en Willie Koorts beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die lewe in die Internasionale Ruimtestasie. Ons hoor ook van ’n satelliet wat moontlik ontplof het, en die bedreiging wat dit vir ander satelliete kan inhou.…
Ons verrassingsgaste is Charles Allen, Dalena Enslin en advokaat Gerrie Nel. Hulle het uiteenlopende belangstellings, en elkeen bring dus iets anders na die spreekwoordelike tafel. Ons luister ook na die oorkondetoekenning van die Stellenbosch Universiteit se konvokasie, wat postuum aan dr. Japie van Zyl toehgeken is.…
Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein, en dr. Stefan Lotz van SANSA op Hermanus gesels weer sonsake, veral ná die onlangse aurora, veroorsaak deur intense sonaktiwiteit. ‘n Luisteraar wil weet hoe die temperatuur van die son bepaal word. In ruimteraai vra ons hoekom sonvlekke swart vertoom op foto’s. Lafras Smit praat oor die komeet wat saans gaan herverskyn.…
Jim Adams deel opwindende nuus oor twee vuurpyllanserings wat hy binnekort gaan bywoon. Ons praat oor die baie verkeer na en van die Internasionale Ruimtestasie, die onlangse Polaris Dawn-sending, en die gevare wat suiwer suurstof en die hoë vakuum in die ruimte vir sowel mens as tegnologie inhou.
Lafras Smit praat oo die hoogtepunte van Oktober se hemelruim. Ons luister na ’n paneelbespreking wat vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees opgeneem is, waar ons gesels het oor robotiese teleskope en gamma-knalle. In Ruimteraai verduidelik Lafras wat newels is.
Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein en dr. Nic Erasmus van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium in Kaapstad vertel van die Aarde se nuwe mini-maan wat in Sutherland ontdek is. Ons beantwoord luisteraarsvrae oor die ratwerk van die sonnestelsel en hoe sterrekundiges teleskoopfoto’s verwerk. In Ruimteraai vra ons hoekom party komete dubbeldoorname het en ander nie?…
Auke Slotegraaf dra soveel hoede, ons kon nie eens by alles uitkom nie. Nie net is hy ’n gesoute amateursterrekundige nie, maar ook ’n rekenaarwetenskaplike, historikus, argivaris en redakteur. Hy het selfs kliniese sielkunde en psigometrika studeer!
Ons bespreek die jongste bevindings van die onlangse daglig-meteoor wat oor die Oos-Kaap geval het. Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hy en prof. Matie Hoffman beantwoord twee interessante luisteraarsvrae oor planeetbane en die gedrag van verskillende kleure lig. In Ruimteraai vra ons of sterre ook GPS-koördinate het.…
Jim Adams en Prof. Matie Hoffman praat oor die groot gebeurtenis toe ’n dagligmeteoor die Oos-Kaap geskud het. Daar is uiteindelik ’n besluit geneem oor die twee gestrande ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie, en ons kyk met groot afwagting na die Polaris Dawn-sending se rits eerstes vir private ruimtevaart.…
Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel wat in September se naghemel gesien kan word. Ons praat oor die verskillende maniere waarop die datums van die bloumaan bereken word. Na aanleiding van Hydrosat se onlangse lansering van hulle VanZyl-1 satelliet, luister ons hoe dr. Japie van Zyl destyds hiervan vertel het. In Ruimteraai vra ons wat die oorsprong van Planeet-X is.…
Ons verrassingsgas vertel breedvoerig wat die ontplooiing van radioteleskope by SKA behels. Die persoon het in Namibië grootgeword het, en ná skool Meganiese Ingenieurswese op Stellenbosch gaan studeer, en was later toetsingenieur daar. Hy/sy het aanvanklik optiese stelsels vir satelliete ontwerp, was daarna vir 14 jaar by die SALT-teleskoop werksaam, en is tans 'n domein-spesialis by SKA-internasionaal.…
Prof. Matie Hoffman praat oor die vreemde konsep van kosmologiese tydrekking, en hoe sterrekundiges ’n slim manier ontwikkel het om dit te meet. Nog ‘n ongewone term is helioseismologie. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe sterrekundiges die binnekant van die Son met hierdie tegniek kon ontleed. Ons luister ook na vreemde klanke afkomstig van die Son.…
Prof. Matie Hoffman en Jim Adams vertel van ’n grot wat op die maan ontdek is. Ons hoor ook van 2 000 van die wêreld se sterrekundiges wat in die Kaap bymekaarkom het, en van twee ruimtevaarders wat al vir langer as ’n maand op die Internasionale Ruimtestasie gestrand is.
Nadat Lafras Smit vertel het wat in die Augustus nagte te sien is, herleef ons die gebeure van 30 jaar gelede toe daar ‘n regstreekse TV uitsending van Sutherland was toe 21 brokstukke van ’n komeet Jupiter getref het. Daar word voorspel dat ’n nova binnekort kan verhelder tot blote oog helderheid. In Ruimteraai vra ons: Word die fases op die maan veroorsaak deur die aarde se skaduwee?…
Sterre en Planete het by die Vrystaat Kunstefees gekuier, waar ons ’n program voor ’n gehoor opgeneem het, wat ons met allerhande vrae bestook het. Ons gesels onder andere oor teleskope en weerlig, en ’n krisis in kosmologie wat die James Webb ruimteteleskoop moontlik nog sal kan oplos.
Ons praat oor ruimteweer en die son se manewales. Daar het onlangs twee asteroïedes só naby die aarde verbygekom dat radarbeelde van hulle geneem kon word. En ons verduidelik hoekom die oppervlak van die son wasig, amper harerig, lyk in hoëresolusie foto’s.
Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor China wat deesdae uitstyg as ’n reus in ruimteprogramme, asook ’n voorstel vir ’n innoverende meganisme wat die stof van die sonpanele van marskarretjies kan skoonvee. Hydrosat lanseer binnekort VanZyl-1, vernoem na die satellietmaatskappy se medestigter, dr. Japie van Zyl. Het jy geweet die rede hoekom die pendeltuig altyd op sy rug gerol het, kort ná lansering, dateer uit die Apollo-era?…
플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.