Player FM 앱으로 오프라인으로 전환하세요!
Die Potloodhouer
Manage episode 452502459 series 3072738
Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”
Ons het almal sekere goed wat ons besit, wat vir ons spesiaal is. Iets wat ons soos ‘n kleinood bewaar.
Toe ek destyds op laerskool was, het ek vir ‘n verjaardag ‘n splinternuwe potloodhouer present gekry. Dit was so ‘n bruin, blink plastiek boksie – waarskynlik nie eers ‘n duur een nie, maar my hart wou ontplof van opgewondenheid toe ek dit oopmaak. My eie, splinternuwe, potloodhouer. Sjoe!
Dit het 'n plastiek strokie aan die voorkant gehad met 'n kaartjie binne waarop jy jou naam kan skryf. Tot vandag toe het ek nog nooit my naam so versigtig, so netjies soos op daardie dag, op daardie kaartjie geskryf nie. My naam het dit soveel meer spesiaal vir my gemaak. Ai, snaaks die dinge wat jy onthou, nè!
Gister het ons saam ontdek dat God se doelwit vir ons goed is, baie goed is. Maar daar is nog iets in die volgende verse wat belangrik is.

Het jy daardie laaste gedeelte gesnap? God sal sy Naam oor hulle uitroep. Dis hoekom Christene Christene genoem word – hulle is vernoem na Christus self. En dit, my vriend, maak jou so ongelooflik spesiaal. Onthou wie se Naam jy dra. Wat ‘n seëning!
Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1449 에피소드

모든 에피소드
×플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.