JacPod에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 JacPod 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
On this episode of Advances in Care , host Erin Welsh and Dr. Craig Smith, Chair of the Department of Surgery and Surgeon-in-Chief at NewYork-Presbyterian and Columbia discuss the highlights of Dr. Smith’s 40+ year career as a cardiac surgeon and how the culture of Columbia has been a catalyst for innovation in cardiac care. Dr. Smith describes the excitement of helping to pioneer the institution’s heart transplant program in the 1980s, when it was just one of only three hospitals in the country practicing heart transplantation. Dr. Smith also explains how a unique collaboration with Columbia’s cardiology team led to the first of several groundbreaking trials, called PARTNER (Placement of AoRTic TraNscatheteR Valve), which paved the way for a monumental treatment for aortic stenosis — the most common heart valve disease that is lethal if left untreated. During the trial, Dr. Smith worked closely with Dr. Martin B. Leon, Professor of Medicine at Columbia University Irving Medical Center and Chief Innovation Officer and the Director of the Cardiovascular Data Science Center for the Division of Cardiology. Their findings elevated TAVR, or transcatheter aortic valve replacement, to eventually become the gold-standard for aortic stenosis patients at all levels of illness severity and surgical risk. Today, an experienced team of specialists at Columbia treat TAVR patients with a combination of advancements including advanced replacement valve materials, three-dimensional and ECG imaging, and a personalized approach to cardiac care. Finally, Dr. Smith shares his thoughts on new frontiers of cardiac surgery, like the challenge of repairing the mitral and tricuspid valves, and the promising application of robotic surgery for complex, high-risk operations. He reflects on life after he retires from operating, and shares his observations of how NewYork-Presbyterian and Columbia have evolved in the decades since he began his residency. For more information visit nyp.org/Advances…
JacPod에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 JacPod 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale en intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. Dié episodes het meer inligting wat op spesifiek die slagoffers fokus. Hier hoor jy meer oor die stories wat jy gedink het jy ken. Die episodes is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Dit word oorvertel in Afrikaans deur JacarandaFM se Gerda de Sousa.
JacPod에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 JacPod 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale en intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. Dié episodes het meer inligting wat op spesifiek die slagoffers fokus. Hier hoor jy meer oor die stories wat jy gedink het jy ken. Die episodes is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Dit word oorvertel in Afrikaans deur JacarandaFM se Gerda de Sousa.
Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage · Find more from JacPod…
In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders. Webpage · Find more from JacPod…
Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis. Webpage · Find more from JacPod…
Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste verraad, toe Annette Bouwer deur haar man vermoor is … Webpage · Find more from JacPod…
Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die preker en sy vrou onder ‘n hele kerk gemeenskap gesaai het … Webpage · Find more from JacPod…
Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word. Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing. Webpage · Find more from JacPod…
Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. Webpage · Find more from JacPod…
Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van ‘n veldtog van terreurl as ‘n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds ‘n misdaad raaisel. ___________________________________________________________________________________________ 'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht. Webpage · Find more from JacPod…
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die impak op die slagoffers van George in die Wes-Kaap tot in Pofadder in die Noord-Kaap. Luister van 25 Junie 2024! Webpage · Find more from JacPod…
Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie en geldsug. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die sesde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe... Webpage · Find more from JacPod…
Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod…
Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod…
Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein gemeenskap en die land tot stilstand geskok toe hy skuldig bevind is. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die derde episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe ….. Webpage · Find more from JacPod…
In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe ….. Webpage · Find more from JacPod…
Johnny en Riekie Lotter is in 2008 wreed in hulle huis in Westville, Durban, vermoor. Dit het gelei tot die ontrafeling van ‘n verhaal van beheer, okulte gedrag en leuens wat Suid-Afrika geskok het. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die eerste episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe ….. Find more from JacPod · Webpage…
플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!
플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.