'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
…
continue reading
Halo aku @reginaoktavia wadon ceriwis yang berusaha mempublikasikan keceriwisanku tentang apapun
…
continue reading
Welcome to Good Night Regs, the podcast where regulations are prime materials for falling asleep.
…
continue reading
Fat Reg's Podcast. Where we argue over the name of our Podcast all while answering society's most important questions the only way: Arduous Ranking
…
continue reading
A Drinking Podcast; That Sometimes Talks About Airplanes And Learning To Fly. A Private Pilot, A Commercial Pilot And An Airline Transport Pilot (ATP) As Hosts. They Got Board With The FAR AIM Book Years Ago But Are To Lazy To Change The Podcast Name (or do any show prep whatsoever for that matter). Welcome To The Oddest, Most Irreverent And Controversial Pilot Podcast In America.
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, en ‘n nuwe wetsontwerp oor die regulering van tabak- en damprookprodukte. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor die registrasie van intellektuele eiendom.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor deeltitel-eenhede. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord ‘n vraag oor of ‘n mens ’n maatskappy moet stig wanneer jy ‘n nuwe besigheid begin, gee raad oor wat jy kan doen om die risiko’s te beperk, veral om te probeer verhoed dat jy alles verloor indien dinge sou skeef loop.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man, wat met die wete dat hy MIV onder lede gehad het, ‘n seksuele verhouding met sy vriendin aangeknoop het, maar nie sy status met haar gedeel het nie. Hy praat ook oor twee Vrystaatse egpare wat regsgeskiednis gemaak het. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor jou gesondheid by die werk.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n pensioenfonds en ‘n egskeiding; en fooie wat betaalbaar is na die kansellasie van ‘n huisverband. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die polisie se plig om dossiere te lewer oor ‘n ongeluk wat by ‘n kruising plaasgevind het.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die regsbegrip, die vermoede van dood. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek 'n hofsaak waarin ‘n regter moes beslis of 'n virtuele beëdiging van 'n eedsverklaring in ons reg aanvaarbaar is. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen 'n gewone verklaring en 'n eedsverklaring.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat verband hou met ‘n werknemer wat breindood verklaar is nadat hy geval het, na aanleiding van drankmisbruik by ‘n werksfunksie. Hy praat ook oor ‘n skadevergoederingsaak ná ‘n botsing wat deur ‘n slaggat veroorsaak is. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor intellektuele eindomsreg.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor die nasionale gesondheidsversekeringswet, en oor die belangrike rol wat die reg speel in natuurbewaring. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen verduidelik of daar ‘n regsplig is om stiefkinders te onderhou.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die proses van die uitlewering van ‘n gevangene. Hy praat ook oor toegang tot familiebegrafplase, en wie aanspreeklik is vir skade aan huise en motors wat deur gholfspelers veroorsaak word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n interessante saak waarin 'n hof moes beslis of 'n ma se hospitaalrekords b…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor troeteldiere in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor leunverklikkerstoetse. Spesialisgas Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaardgaande boetes.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die …
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die gebruik van hommeltuie in hengel. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor hoe emosies ‘n rol speel tydens egskeiding.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë g…
…
continue reading
Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor naamskending. Spesialisgas Peto Milton praat oor skuld tussen vriende en familie - is ‘n skulderkenning nodig, en wanneer verjaar jou eis?저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor handelsbeperkingsklousules en roukoop. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n sekuriteitswag wat ‘n taxibestuurder in die been geskiet het. Die hof het bevind dat hy reg gehandel het.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor burereg na aanleiding van ‘n luisteraar wat kla oor sy buurman se voerkraal wat stink, en wat hom te doen staan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis bespreek aspekte van Bewysreg tydens hofsake.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. boubedrywighede in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor handelsbeperkingsklousules in dienskontrakte. Spesialisgas Waldette Grey bespreek die geldigheid van elektroniese handtekeninge op kontrakte.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die verskil tussen die opsie om te koop, en ‘n reg van eerste weiering. Spesialisgas Elmari Richter praat oor die die betaling van onderhoud vir kinders.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor addisionele werk, ook bekend as moonlighting. Spesialisgas Johan Botes praat oor of dit regverdig is dat jy moet werk en onderhewig is aan inflasie en stygende lewenskoste, maar jou salaris word nie aangepas nie?저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor of elektrisiteit werklik gesteel kan word. Spesialisgas Est-Marié MCallahan vertel wat jou te doen staan indien jou verlowing deur die ander persoon verbreek word.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek verskillende aspekte van die strafreg, bv. vonnisoplegging. Spesialisgas Susan de Wet praat oor ‘n saak waar buitelanders probleme ondervind met eise teen die Padongelukkefonds.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek wat met ‘n insolvente of bankrotboedel gebeur. Spesialisgas Est-Marié MCallahan bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die Nasionale Gesondheidversekeringswet.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bepreek Igna luisteraarsbriewe oor serwitute en provikasie. Spesialisgas Peto Milton praat oor mondelinge ooreenkomste.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor ‘n salarisverhoging, maar geen oortydbetaling, en ‘n saak oor ‘n TV-advertensie wat as godslasterend beskou is en die reëls daaraan verbonde. Spesialisgas Janus Olivier praat oor trusts.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor geld wat hy van sy buurman wil eis ná ‘n windstorm skade aan sy eiendom aangerig het. Hy praat ook oor mediese vrywaringsvorms. Spesialisgas dr. Llewellyn Curlewis bespreek Artikel 174 van die Strafproseswet 51 van 1977.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n oorledene se motor wat op iemand se erf staan, en hulle weet nie hoe om van die motor ontslae te raak nie. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek lewende annuïteite, en die waarde daarvan vir doeleindes van egskeiding.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek verskeie luisteraarsvrae oor boedels. Spesialisgas Johan Botes sluit praat verder oor diskriminasie deur werkgewers teenoor werknemers op grond van ouderdom.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor bateverdeling in ‘n tweede huwelik. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor wat ‘n persoon te doen staan indien hulle werkgewer sê hulle is te oud om aan te hou werk.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor ‘n koper wat ‘n koopooreenkoms onderteken, maar intussen van plan verander het. Daar word ook gekyk na eindomsagente se kommissie. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord vrae oor ‘n kontanttekort in ‘n bestorwe boedel.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek wat van troeteldiere word indien hulle eienaars sterf. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor eienaars se opsies vir uitsettingsbevele teen onwettige okkupeerders. Sy praat ook oor munisipaliteite se plig om behuising aan hawelose mense te voorsien.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse uitspraak in die Kaapstad Hooggeregshof oor die stryd teen die skending van outeursreg. Speslialisgas Est-Marié McCallahan praat oor die regulering van kriptogeld in Suid-Afrika.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor eksekuteursfooie, en ‘n geval waar kinders inmeng in hulle bejaarde ouers se geldsake. Spesialisgas Peto Milton praat oor verskeie metodes vir besighede om kontraktuele geskille op te los.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n buurman wat gifstowwe aan sy kant van die muur spuit, maar die buurman se plante in die proses ook vergiftig. Spesialisgas Volker Kruger verduidelik watter opsies erfgename het om ‘n herverdelingsoorenkoms te sluit.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor lewensreg in ‘n aftree-oord, wat beëindig wil word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik wat gebeur wanneer iemand sterf sonder ‘n testament.저자 RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis. Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek nuwe regulasies vir die indiensneming van buitelanders. Hy praat ook oor die Wet op Handelsmerke. Wat staan jou te doen indien jou nuwe, tweedehandse voertuig breek kort nadat jy dit gekoop het. Familregkenner Riëtte Oosthuisen bespreek bestrede egskeidings, meer spesifiek die dagvaarding.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor die huweliksreg. Hy bespreek ook twee vrae wat handel oor immigrasie en toestemming wat deur een ouer geweier word om kinders saam oorsee te neem. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n werksaanbod wat ontvang is, maar toe teruggetrek is, en wat haar nou te doen staan.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die betroubaarheid van blaasapparate wat gebruik word vir die meet van die alkoholkonsentrasie in ‘n person se bloed. Spesialisgas Est-Marie McCallahan verduidelik wat die nuwe wysigings aan die skoolwet behels.저자 RSG
…
continue reading
Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering. Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom – En, Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar ni…
…
continue reading
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n beeseerde persoon wat skade vergoeding eis van die eienaar van ‘n huisdier. Dan praat hy ook oor testamente en die belangrikheid daarvan om dit op datum te hou. Spesialisgas, Riëtte Oosthuizen praat oor onbestrede egskeidings.…
…
continue reading
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.…
…
continue reading
In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finan…
…
continue reading