Artwork

Ronell Bezuidenhout에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 Ronell Bezuidenhout 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.
Player FM -팟 캐스트 앱
Player FM 앱으로 오프라인으로 전환하세요!

Dag 7 van Meditasie-reeks #Impak

3:29
 
공유
 
저장한 시리즈 ("피드 비활성화" status)

When? This feed was archived on July 30, 2023 07:20 (9M ago). Last successful fetch was on March 24, 2023 11:33 (1y ago)

Why? 피드 비활성화 status. 잠시 서버에 문제가 발생해 팟캐스트를 불러오지 못합니다.

What now? You might be able to find a more up-to-date version using the search function. This series will no longer be checked for updates. If you believe this to be in error, please check if the publisher's feed link below is valid and contact support to request the feed be restored or if you have any other concerns about this.

Manage episode 336910979 series 2965080
Ronell Bezuidenhout에서 제공하는 콘텐츠입니다. 에피소드, 그래픽, 팟캐스트 설명을 포함한 모든 팟캐스트 콘텐츠는 Ronell Bezuidenhout 또는 해당 팟캐스트 플랫폼 파트너가 직접 업로드하고 제공합니다. 누군가가 귀하의 허락 없이 귀하의 저작물을 사용하고 있다고 생각되는 경우 여기에 설명된 절차를 따르실 수 있습니다 https://ko.player.fm/legal.

‘n Enkele knypie sout kan ‘n bord kos se smaak 100% verbeter. Dan verstaan ‘n mens waarom dit ‘n leeftyd neem om saam met iemand die spreekwoordelike “sak sout” op te eet”. ‘n Knippie sout help om iemand se grootpraat of leë woorde te verteer. So is ons taal deurspek (of is dit “deursout”?) met gesegdes oor sout. Selfs ons woord “salaris” (in Latyn: salarium) stam van die Latynse woord “sal” af (“waar die Engelse “salt” vandaan kom). Dit was juis die gebruik in Jesus se tyd dat Romeinse soldate se loon (hulle “salarium”) ‘n sak “sal” (sout) was. Daarom moet iets/iemand die sak sout werd wees as jy waarde vir jou geld wil kry.
In die antieke tye is baba’s direk na geboorte met ‘n klein bietjie sout ingevryf as ‘n reinigings- en beskermingsmiddel (bv. Eseg 16:4). Priesters moes offervleis eers sout voor dit vir God geoffer word (Eseg 43:24). God se verbond aan priesters was ‘n “ewige soutverbond” genoem (Numeri 18:19 – 1953 vertaling). Sout – soos jou woorde – is bedoel om kosbaar te wees: “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel…”, sê Paulus in Kol 4:6 (1953 vertaling). Mense het ‘n bietjie sout saam geëet nadat hulle ‘n ooreenkoms gesluit, of vrede onderteken het. Daarom sê Jesus – net nadat Hy met die dissipels oor die implikasies van sonde praat: “Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar” (Mark 9:50b – 1953 vertaling).
Kom jy uit al hierdie teksverse agter dat alles eintlik oor twee woorde gaan, nl. “heiligheid” en “heelheid”. Soos sout reinigend is, so reinig God se genade ons; en soos sout smake bymekaar bring, so bring God se genade gebroke verhoudings bymekaar. Ons roeping is dus duidelik: Wees wat jy is - ‘n geheiligde heelmaker. Of sommer net kortweg: wees sout!
GEBED: Was my, Here, met U soutwater en reinig my. Gebruik my, Here, as U soutpot.
KUNS: Red my deur die Koreaanse Christen skilder Yongsung Kim. https://havenlight.com/collections/yongsung-kim
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 7 van #Impak kyk ons na die video-opname van “Great Is Thy Faithfulness” deur Loyiso Bala, Neville D, en wyle Adam Barnard tydens ‘n Great Hymns of Our Faith-konsert.
Uit die liriek:
Summer and winter and springtime and harvest
Sun, moon and stars in their courses above
Join with all nature in manifold witness
To Thy great faithfulness, mercy and love
Great is Thy faithfulness
https://youtu.be/jDlwWf7EMOo

  continue reading

594 에피소드

Artwork
icon공유
 
모든 에피소드

×
 
Loading …

플레이어 FM에 오신것을 환영합니다!

플레이어 FM은 웹에서 고품질 팟캐스트를 검색하여 지금 바로 즐길 수 있도록 합니다. 최고의 팟캐스트 앱이며 Android, iPhone 및 웹에서도 작동합니다. 장치 간 구독 동기화를 위해 가입하세요.

빠른 참조 가이드